My Storie

Ek is Nadine Blom, 'n ma, mense - mens, sangeres, motiveringspreker, skrywer, seremoniemeester. Vir my gaan elke optrede en geleentheid oor ons mense, stories en die oomblikke wat ons met mekaar deel. Ek glo dat liefde die rede hoekom ons op hierdie aarde is, om dit weg te gee, te kan ontvang, en te wees in mekaar se lewens. “En nou bly geloof, hoop en liefde — hierdie drie. Maar die grootste hiervan is die liefde.” 1 Korintiërs 13:13

Deur die jare het my musiekloopbaan my na verhoë regoor Suid-Afrika en ook oorsee geneem. Ek is baie dankbaar vir erkenning soos twee SAMA-toekennings, asook ’n Ghoema-, Bokkie- en Flam-toekenning, en vir die goue en platinumstatus wat verskeie van my vrystellings bereik het. My KKNK-debuut met Veer in 2003 het ook deure na België, die Lae Lande en die Kanasiefees in Kanada geopen.

Buite die verhoog lê vroue, kinders en gesinne my besonder na aan die hart. Deur projekte soos Supercool vir Jesus, skep ek graag veilige, opbouende en gesinsvriendelike inhoud wat geloof, hoop en vreugde deel.

Ek is ook ’n toegelate Advokaat met ’n Meestersgraad in Internasionale Reg, met ’n besondere belangstelling in aanlynveiligheidsbewustheid. As skrywer het ek onder meer Ankers vir Vandag en Skarlakenkinders geskryf en is tans besig om geestelike boekies, "Lila en Luka" vir kindertjies te skryf en stel dit onder die "Supercool Kleintjies" boekreeks bekend.

Of dit nou ’n vroueoggend, kerkkonferensie, fees, korporatiewe geleentheid of spesiale viering is, luister ek graag na wat jy nodig het en werk ek saam met jou om ’n betekenisvolle boodskap en warm atmosfeer te skep.

Nadine Blom

Luister & Kyk

Nadine Blom in JUIG
Lees Meer

Ons voorbladartikel met Nadine Blom bring 'n eerlike en hoopvolle gesprek oor geloof, gehoorsaamheid en God se herstelwerk. Sy deel openhartig …

Kliek hier
Nuwe Liefde
Dis Wat Liefde Is

Besprekings

Boeke

Supercool Kleintjies — geestelike boekies vir kindertjies.

Kliek op ’n voorblad om die PDF te bekyk.

Borgskappe

Fleur Beauty