Biografie/Biography

Nadine Blom

Ontmoet Nadine

Nadine Blom

Bekroonde sangeres, motiveringspreker, skrywer, seremoniemeester en nou ook radio omroeper

 

Nadine Blom

bekroonde sangeres, motiveringspreker, skrywer, seremoniemeester en nou ook radio omroeper, het regoor Suid-Afrika bekendheid verwerf vir haar vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem. Sy het twee SAMA Toekennings (South African Music Awards), ‘n Ghoema toekenning, Bokkie toekenning en Flam Toekenning verwerf vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse musiekbedryf en goue status verwerf met etlike vrystellings. Sy het ook ‘n Suid-Afrikaanse Indie Award ingepalm vir beste Afrikaanse Vroulike Kunstenaar en platinum en goue status bereik met haar vrystellings.

Die begin

Gedurende 2003 debuteer Nadine by die KKNK met haar volwasse debuutproduksie en CD “Veer” wat bestaan uit 12 Afrikaanse liedjies uit haar eie pen en word deur die kulturele premier van Antwerpen in België uitgenooi om haar “Veer” vertoning te gaan uitvoer in die Laelande (Europa).

Sy word ook na ‘n suksesvolle debuut by Aardklop Kunstefees deur Randall Wicomb genader om die sopraanrol te vul vir die Laelande toer van die Griekwa Psalms, “In die skyltes van die Jirre” met Johan Rademan van RSG as regisseur. Gedurende 2005 & 2006 spits sy haar grootliks toe op volwasse kontemporere vertonings by klein teaters, feeste en damesoggende en word genooi om te gaan optree by die KANASIE Kunstefees in Kanada. In 2006 stel sy ‘n verdere volwasse kontemporêre album vry getiteld “Met my hele hart” wat ‘n keltiese inslag in Afrikaans behels.

Duette is een van Nadine se passies en deel sy deur die jare die verhoog met stemme soos Andre Schwartz, Jannie Moolman, Rina Hugo, die Afro Tenors en Sibongile Ngoma.

Nadine se volwasse kontemporere musiek spreek tot ‘n wye gehoor en word sy gereeld as die Sarah Brightman van Suid-Afrika bestempel. Nadine se vertolking van “Don’t cry for me Argentina” uit Evita kan op die musiekblad gehoor word op hierdie webwerf).

Supercool

Nadine identifiseer gedurende 2008 ‘n behoefte aan “Afrikaanse Tween pop musiek” vir kinders en stel sy ‘n DVD en CD getiteld “Supercool” vry in 2009. Hiervoor het sy twee Suid-Afrikaanse musiek toekennings asook ‘n Bokkie toekenning ontvang. Sy skryf verskeie musiekblyspele en musiekproduksies, waarvan sy ook die regisseur is en tree op as produksieregisseur by o.a. die US Woordfees, KKNK, Aardklop, Cederberg Kunstefees ensomeer.

Vroueoggende

Behalwe vir haar besondere liefde vir kinders, het Nadine ‘n groot passie vir vrouens. Sy tree gereeld by damesoggende op as spreker sanger regoor Suid-Afrika. Sy komponeer spesiaal in samewerking met Dennis East ‘n lied vir vrouens wat sy noem “Vriendin”. Evert van Niekerk behartig al die vioolspel op die CD. Die CD is ook in 2011 vrygestel deur “Sarie” tydskrif met ’n samelopende artikel in “Sarie” Tydskrif.

Jaloersbokkies

Gedurende 2013 identifiseer Nadine en Jawashier Petersen, dogter van Afrikaanse musiek ikoon, Taliep Petersen, die behoefte aan ‘n kultuur brugbou projek in Afrikaans en is die Afrikaanse musiekgroep “Die Jaloersbokkies” gebore. Hul “Vier aan die Bos” medley word deur Herman Van Veen ingesluit in sy internasionale musiekprojek “Byvoorbeeld” . Die Jaloersbokkies se debuut CD word in 2017 bekendgestel met RSG as mediavennoot en ontvang gedurende 2017 ‘n Ghoema toekenning vir Beste Afrikaanse Tradisionele album.

Gedurende 2015 waag Nadine en haar seun, Adriaan hul hand aan “Blits: Perlemoendiewe”, ‘n jeugroman wat publiseer word deur NB uitgewers en ‘n opvolg, Blits 2, verskyn drie jaar later.

Mensehandel en Prokureur wees

Nadine word in 2016 aangewys as Afrikaanse ambassadeur deur die Dagbreek Trust en word haar projekte deur die Dagbreek Trust onderskryf en ondersteun. Sy behaal haar Meestersgraad in Internasionale Reg in 2017 en spesialiseer in Mensehandel / Human Trafficking. Sy lewer gereeld bewusmakingspraatjies regoor Suid-Afrika oor mensehandel, die gevare van sosialemedia en rus kinders en ouers toe oor hoe om hulself te beveilig.

Skrywerskant

Haar eerste inspirasieboek vir vroue, “Ankers vir Vandag” word in Junie 2018 vrygestel deur Lux Verbi en ‘n jaar of wat later verskyn “Skarlakenkinders”, ‘n boek wat oor Mensehandel en Geslagsgebasseerde geweld teen vrouens, geskryf deur Nadine self en bekroonde skrywer, Anzil Kulsen.

Aanlynveiligheidspraatjies by skole, vroueoggende en kerke

Nadine is ‘n menseregtekenner, prokureur en spesialis in die veld van aanlynveiligheid en “human trafficking” en het haar Meestersgraad verwerf in hierdie veld. Sy tree nasionaal as spreker op by skole en kerke en fasiliteer bewusmakingsessies rakende aanlynveiligheid, Apps soos Snapchat, TikTok, Instagram. Sy help ook kinders en ouers deur hul toe te rus oor die gevare van die internet, mensehandel, kinderhandel en die gevare van sosiale media. Sy het ook ‘n boek saam met Anzil Kulsen geskryf getiteld “Skarlakenkinders” wat hierdie tema aanspreek. Online safety and romance scamming: https://www.youtube.com/watch?v=4FST5uELXfU&t=3s

Loopbaanprojekte sluit onder meer in:

Radio omroeper – Bok Radio

Kanasiefees – Kanada

Nadine Blom “Veer” toer na België en die Lae Lande

Supercool – Die Musical

Gospel Skouspel

Gospel is groot LIVE

Beauty is a beast Musical

Jaloersbokkies FM Musiekblyspel – KKNK, Aardklop, Cederbergkunstefees

kykNET Anker aanbieder: INPAS

Rapport Poprock Classique Irene Mall

Toekomsplanne

Haar splinternuwe enkelsnit ,”Nuwe Liefde” (geskryf deur Hunter Kennedy, Janie Bay en haarself) kondig haar 20 jaar viering in die musiekbedryf aan. “Nuwe Liefde” is bekendgestel tydens Oktober 2023 en toer sy regoor Suid-Afrika om haar 20 jaar viering in die musiekloopbaan saam met haar aanhangers te vier.

Nadine Blom

Nadine Blom

Meet Nadine

Nadine Blom 

Performing artist, Radio personality,
Author, Motivational speaker and Attorney.

 

Nadine Blom –

Performing artist, Radio personality,
Author, Motivational speaker and Attorney.

Nadine Blom is a multi-award winning performing artist, motivational
speaker, author and keynote speaker. She is also a well renowned
Radio and Television personality and is known for her tenacity, passion
and ability to influence and empower her fellow humans.
She has performed both internationally and nationally and has a
versatile singing voice which is pleasing to a wide spectrum of
audiences. She is evenly possible in performing pop music as she is
when she sings jazz, classical and contemporary music.
She is a two time South African Music Awards winner, has obtained
platinum status with her music releases, is a reckoned author and
producer of various television and radio shows.
She is a passionate and eloquent public speaker and frequently
undertakes motivational tours all across South Africa. Nadine inspires,
empowers and uplifts her audiences with her warm, compassionate yet
driven personality.
Keynote speaker:
Nadine has a gift to write keynotes tailormade to the need of her
corporate clients. Her topics include but is not limited to the following:-
1. Unleash your potential – How to Stop surviving and start thriving.
2. Cyber sense – Staying safe in your online space (GBV Awareness,
Human trafficking awareness incorporated in this talk).
3. Your vibe attracts your tribe – your tribe determines your vibe

Corporate clients that has booked her for performances and
keynoting includes:
 OFM
 Sanlam Ladies Event
 City of Tshwane Municipal Excellence Awards
 Pam Golding Golden Awards, Willa Krause Oscar Awards
 Wesgro Farmworker of the Year Awards
 Munimed Awards Ceremony
 Toyota’s 25th Dealer’s conference
 Carnival City Afrikaanse Musiekfees
 Mr South Africa

As a qualified attorney, Nadine obtained a international law master’s
degree in human rights law and authored various local and international
publications of which the most recent is “Scarlet Children” (NB
Publishers). This publication addresses Human Trafficking and aims to
empower and educate readers about this escalating problem.

In her book “Anchors for today” (Lux Verbi Publishers) she coaches
readers on how to redirect emotions such as disappointment, fear and
failure and enables them to turn negative emotions into drivers to reach
success.

TV Appearances include:
Top Billing
“Carte Blance”,
""Kwela" and many more

Magazine front covers include:
Vrouekeur
Finesse
Baba & Kleuter

Get It Magazine Leef Taalgenoot (ATKV) and many others.

Nadine Blom